Ons probeer om een onderwerp op ‘n slag te behandel sonder om die kleintjies deurmekaar te maak. Ons videos is visueel ook baie “skoon” sodat hulle aandag nie maklik afgetrek word nie. Ons behandel ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe en sal selfs so nou en dan ‘n prettige liedjie vrystel waar hulle net kan saamsing en laf wees!