MEER OOR ONS

HOEKOM STEGOSAURUS LEARNING?

Stegosaurus Learning is gebore in Maart 2020 tydens die COVID-19 grendeltydperk in Suid-Afrika.  Die tekort aan gratis aanlyn Afrikaanse hulpmiddels vir ouers van kleuters en jong skoolgaande kinders was opvallend en daarom het ons, ons eie materiaal begin skep.  As die ouer van ‘n jong skoolgaande seuntjie is die naam “Stegosaurus Learning” gekies omdat dit sy gunsteling dinosaurus is!  Ons is nie opgeleide onderwysers nie, maar doen baie navorsing voor ons ‘n video skep en laat ons ook lei deur die huidige SA Kurrikulum.

WAT DOEN ONS?

Ons fokus daarop om opvoedkundige videos te skep vir kleuters en jong skoolgaande kinders wat hulle sal geniet! Die visie is om hierdie materiaal gratis vry te stel en gratis te hou.  Nie almal het die tyd om ure lank op die internet te soek na hulpmiddels nie en daarom wil ons graag alles op een webwerf vrystel om ander mammas en onderwysers ook te help.  Ons glo daarin dat kinders die beste leer as hulle pret het.  Videos kan ook meer as een keer gekyk word en die ou gesegde “herhaling is vaslegging” seëvier hier!

WAAR KAN JY ONS KRY?

Ons laai al ons videos op youtube en die meeste daarvan ook op Facebook.  Ons vra geen donasies of fooie om die materiaal te gebruik nie.  Al versoek wat ons het is dat jy ons youtube kanaal sal volg (volg die skakel hieronder) en dat jy dit sal deel met ander ouers of onderwysers wat moontlik mag baatvind by die materiaal wat ons skep.  

As jy ons wil kontak kan jy gerus ‘n boodskap vir ons stuur via ons Kontak bladsy of op Facebook Messenger.